Data Herwinning & Digitale Forensiese Ondersoeke

Ons spesialiseer in gevorderde data herwinning, forensiese data herwinning, digitale forensiese ondersoeke, in-laboratorium en oor die internet, asook data vernietiging van werkende en nie-werkende lêerbedieners, NAS- en RAID-volumes, persoonlike en skootrekenaars, eksterne hardeskywe, mobiele toestelle (slim fone, selfone, tablette ens.), rugsteun bande, CD's, DVD's, geheue stokkies, SD-kaarte en byna alle ander soorte digitale data stoor toestelle.

Dit sluit in data herwinning en digitale forensiese ondersoeke van geformateerde, virus besmette, wagwoord beskermde, brand-, water-, val- en krag stuwing beskadigde data stoor toerusting.

Ons streef daarna om 'n oplossing beskikbaar te hê om u data te herwin en te ondersoek, ongeag die moontlike data verlies scenario!

Ons fasiliteite sluit in data herwinning en data forensiese spesifieke toets- en herstel gereedskap, toerusting en sagteware, insluitend 'n klas 100-skoonkamer vir die stroping, herbou, herstel en ondersoek van byna alle soorte digitale media. Dit, gekombineer met 'n span ervare vakmanne wat in 'n veilige omgewing werk, onder 'n nie-openbaarmaking kontrak, sal u data die beste moontlike kans gee om herleef, ondersoek of vernietig te word, in volle vertroulikheid, so vinnig en in 'n goeie toestand as moontlik.

Ons is gevestig in Centurion, Suid-Afrika, met ons kundigheid plaaslik en internasionaal vertrou. Ons dienste is binne die grense van Suid-Afrika beskikbaar met die opsie van 'n gratis koerier versamelings diens, vir alle vooraf goedgekeurde werk, en 'n gratis koerier terug diens vir alle suksesvolle voltooide werk.

ONS PRIMÊRE FOKUS IS OM U (OF U KLIËNT SE) DATA SO VERTROULIK, BETROUBAAR, PROFESSIONEEL EN VINNIG MOONTLIK TE HERWIN OF TE ONDERSOEK!