Testimonial
BAIE GOEIE NUUS - Mariana se hardeskyf wat begin Mei gecrash het is uiteindelik recover. Al die fotos is gered! Ons het 8 Mei die hardeskyf ingegee by Intratec in Midrand. Op 15 Julie het hulle ons laat weet dat hulle uiteindelik opgee en dat hulle geen sukses gehad het met die herwinning van die data nie. In al hierdie weke se wag het hulle ons ingelig dat hulle 2 keer moes parte aan die hardeskyf vervang. Ons het Donderdag 16 Julie die hardeskyf by Tecleo Data Recovery and Digital Forensics Lab in Centurion ingegee. Met die eerste oogopslag het hulle gesê dat Intratec nooit eens die hardeskyf oop gemaak het nie. Die seëls van die hardeskyf van nog heel. Net 1 week later was die job gedoen - suksesvol !! Waar die eerste maatskappy in 10 weke niks kon reg kry nie. Ek beveel met vrymoedigheid Tecleo Data Recovery and Digital Forensics Lab in Centurion aan vir enige Data Herwinning hetsy rekenaar, selfoon, memory kaarte. Hierdie maatskappy weet wat hulle doen."
Chaplain Jaco Vente